Eskom sal kontrakteurs begin aanspreeklik hou

Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê Eskom sal kontrakteurs en diensverskaffers begin monitor om te verseker dat hulle mandaat nagekom word. Gordhan sê die regering sal kontrakteurs aanspreeklik hou vir dienste wat aan kragstasies gelewer word in ‘n poging om ‘n oplossing vir die land se kragkrisis te vind. Die minister sê Eskom se bestuur sal ook deelneem aan die ondersoek van meer as 2 000 kontrakteurs en seker maak hulle voldoen aan hul mandaat: