Britse premier vergader met Zelensky in Kiëf

Britse eerste minister Boris Johnson het met die Oekraïnse President, Volodimir Zelensky, samesprekings in Kiëf gevoer. Johnson se besoek het begin met ‘n ontmoeting tussen hom en Zelensky. Johnson se besoek aan die Oekraïnse hoofstad was nie vooraf aangekondig nie. Hy wou Brittanje se solidariteit met die Oekraïnse mense met die gebaar aandui, het ‘n woordvoerder van die eerste minister gesê. Johnson het getwiet Brittanje sal ook meer wapentuig na Oekraïne stuur en met sy G7-vennote saamwerk om elke pilaar van die Russiese ekonomie te teiken om seker te maak dat Russiese President Vladimir Putin onsuksesvol is.