SA epidemioloog maan Brittanje kan ‘n nuwe super-verspreider variant laat ontstaan

Die Suid-Afrikaanse epidemioloog Salim Abdool Karim waarsku Brittanje kan ‘n nuwe super-verspreider Covid-variant laat ontstaan. Karim het sy kommer uitgespreek oor die Verenigde Koninkryk se gebrek aan beperkingsmaatreëls in reaksie op die wêreldwye gesondheidskrisis. Hy sê die volgende variant het die vermoë om vinniger as enige ander variant te versprei. Hy maan steeds mense om die oorblywende Covid-regulasies na te kom om hulle gesondheid te beskerm.