Brexit-regulasies weer in die nuus

Namate nuwe Brexit-regulasies van krag word, mag burgers van die Europese Unie nie
meer hulle nasionale identiteitskaarte gebruik om die Verenigde Koninkryk binne te
gaan nie. ‘n Geldige paspoort is nou ‘n vereiste. Die Britse departement van
Binnelandse Sake sê dié verandering sal voorkom dat georganiseerde misdaadbendes
en andere die stelsel misbruik. Britse owerhede sê die ID-kaarte is makliker om te
vervals want dit beskik nie oor biometriese-data nie.