Proewe op plaasvervanger vir renostermelk

’n Nagraadse student in Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch ,
Dakota Guy, is tans besig om ’n plaasvervanger vir regte renostermelk te ontwikkel wat
so na as moontlik aan die oorspronklike is. Die formulemelk sal gebruik kan word om
renoster-wesies of kalfies wat deur hulle ma’s verwerp is, te voer. Dit word tans by
verskillende renosterskuilings getoets. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.