Branstofprys styg vannag hier en in SA

Namibiese bestuurders word daaraan herinner om vandag hul voertuie vol te maak. Die plaaslike brandstofprys styg vanaand met ‘n dollar 88 sent per liter petrol en ‘n dollar 34 sent ‘n liter diesel. In Suid-Afrika, styg die prys ook. Die buurland se organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, sê hy is bekommerd oor die jongste styging in die brandstofprys. Van môre af kos 93-oktaan petrol twee-rand-37-sent per liter meer en 95-oktaan twee-rand-57-sent. Diesel se prys styg met twee-rand-31-sent per liter. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dis teleurstellend dat die regering nie gehoor gee aan die oproep dat die brandstofheffing-verligting van een-rand-50-sent per liter steeds moet geld nie: