Tenderpreneurs bly ‘n uitdaging soos Namcor-tender toon

Dit wil voorkom asof uitdagings met sogenaamde tenderpreneurs plaaslik voortduur. Slegs ‘n kwart van die 64 bieërs vir die verskaffing van 42 skootrekenaars aan Namcor, is afkomstig van inligtingkommunikasie-maatskappye. Volgens die Tender Bulletin is 24 beleggingsmaatskappye en agt, handelsmaatskappye. ‘n Bate-ouditeur, ‘n weerdiensverskaffer en opleidingskonsultant is ook in die bondel. Net 15 maatskappye wat in die ICT-bedryf is het ‘n bod ingedien. Die koste wissel van net minder as 858 000 Namibiese dollar, wat die goedkoopste is, tot net meer as 1,94 miljoen dollar.