Groot hupstoot vir plaaslike rolprentbedryf

Multi-choice Namibia en die NBC het onlangs die finale lys van die 13 plaaslike rolprente saam gestel wat deur Namibiese rolprentvervaardigers vervaardig sal word. Die name van die 13 rolprentvervaardigers wie se werk vir befondsing gekies is, is bekend gemaak en daar word van hulle verwag om die kontrakte te onderteken voor die aanvang van die produksies. Plaaslike veteraan filmmaker Vickson Hangula sê wat dit vir die Namibiese rolprentbedryf beteken.