Brandstofprys vir September word Maandag aangekondig

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die brandstofprys vir September Maandag by ‘n perskonferensie in die hoofstad aangekondig sal word. Ekonome sê die olieprys dui ‘n daling aan, maar dit is onduidelik of die verlaging van die brandstofheffings in plek sal bly. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus, het sy mening so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.