Siya gesels oor môre se kragmeting in Sydney

Die Springbokke beskou môre se herontmoeting met Australië in Sydney as ‘n eindstryd, aangesien hulle met ‘n oorwinning nog ‘n kans staan om die Rugbykampioenskap te wen. Die wêreldkampioene is verlede naweek in Adelaide deur die Wallabies geklop vir ‘n tweede agtereenvolgende nederlaag. Dit beteken hulle is halfpad deur die toernooi onderaan die punteleer, met net een oorwinning in drie wedstryde. Argentinië loop voor, met Australië ‘n kortkop agter hulle en die All Blacks derde. Kaptein Siya Kolisi sê die Bokke moet eenvoudig ‘n manier vind om te wen: