In die pekel oor onderklere

Ons almal het een of ander gewoonte om iets te versamel. Party mense versamel blikke van oraloor, sommige mense het vreeslike groot seël versamelings en party mense versamel muntstukke.

In Japan is ‘n 55-jarige man toegesluit vir ‘n obsessie met vroue onderklere – wat hy nie gekoop het nie. Die Japanese polisie het op die man se huis toegeslaan en 4 000 pare onderklere is gevind wat oor dekades versamel is. Die man het aan media gesê: “Ek is lief vir vroue-onderklere en kon nie my begeerte beheer nie.”

Sy versameling-obsessie het tot ‘n einde gekom toe die man van een van sy niksvermoedende slagoffers hom op sy balkon betrap het, met onderklere in sy hand.