Brand: kenner sê iets is nie pluis nie

Die brand by die parlementkompleks is steeds hier, en elders in die nuus. Daar het verskeie vrae ontstaan, soos hoekom sekere gange nie gebrand het nie en meer. Terwyl ‘n multi-ondersoekspan aangestel is en die eerste verslag Vrydag verwag word, sê die politieke ontleder in die buurland professor Andre Duvenhage iets is nie pluis nie.