100-miljoenste skool-ontbyt bedien

Die Tiger Brands-stigting in Suid-Afrika het onlangs sy 100-miljoenste skool-ontbyt bedien, binne ‘n dekade sedert die bekendstelling van die voedingsprogram. Die bedryfsbestuurder, Karl Muller, sê hulle bedien nou altesaam 104 skole in nege provinsies in Suid-Afrika en verskaf maaltye aan meer as 79 000 leerlinge per dag. Die program is aanvullend tot die daaglikse middagete wat deur die buurland se Departement van Basiese Onderwys verskaf word as deel van die Nasionale Skolevoedingsprogram. Die Tiger Brands-stigting is in 2010 gestig en het in 2011 skool-ontbyte begin bedien.