Brand eis 18 000 melkkoeie in Texas  

Meer as 18 000 melkkoeie is dood in ‘n ontploffing en daaropvolgende brand by ‘n suiwelplaas in Texas. Brandbestryders het een werknemer van die Southfork-suiwelplaas naby Dimmitt gered toe vlamme ‘n gebou en beeskrale verwoes het. Die oorsaak van die ontploffing reuse-brand word deur owerhede ondersoek. Die plaas is in een van die deelstaat se grootste melkproduksie-gebiede gesetel.