Toestande in Soedan vererger, twee-jaar herdenking van opstand die week

Miljoene Soedannese gaan vanjaar honger ly, aangesien die ekonomiese onstuimigheid en wisselvallige reën pryse opjaag en oeste verminder, met ‘n staking van buitelandse hulp en die oorlog in die Oekraïne wat voedselvoorrade in gevaar stel. Die stygende vlakke van hongersnood wat deur die Verenigde Nasies se agentskappe voorspel word, dreig om ‘n land wat toenemende konflik en armoede in die gesig staar, verder te destabiliseer ná ‘n militêre oorname verlede jaar. Soedan is vasgevang in ekonomiese krisis sedert voor die omverwerping van president Omar al-Bashir in ‘n opstand in 2019. Minette van der Bijl die Namibiese onderwyseres wat in Soedan woon, sê Woensdag word die opstand herdenk…