Verdagtes in N$11,9m dwelmsaak verskyn weer op Gobabis

Tien van die 14 verdagtes wat betrap is met ‘n reuse-11,9 miljoen Namibiese dollar se dwelms sal weer vandag Gobabis-landdroshof verskyn. Landdros Eden Iyambo het borg van 50 000 Namibiese dollar aan die bestuurder van die vragmotor, Augustus Nambinga, vroeg in Junie toegestaan terwyl die ander nege reeds op borg vrygelaat was. Daar is beslag gelê op dagga, kokaïen en Mandrax. Volgens NamRA se verslag het die vragmotor kokaïen van 39 000 dollar bevat sowel as 10 000 Mandrax-pille en dagga ter waarde van 10 miljoen Namibiese dollar. Die polisie het uiters flink opgetree. Daar is bevestig dat die vrag bestem was vir verskeie eienaars van die dwelms in die hoofstad en met die hulp van die bestuurders is dié eienaars ook vasgetrek.