Bosbou-direkteur gesels oor uitkoms van Kigali-konferensie

Die Namibiese omgewingsministerie het die Wêreld-bewaringsorganisasie se eerste Afrika Beskermde en Bewaringsgebiede Kongres in Kigali, Rwanda, bygewoon. Meer as 2 400 deelnemers van 53 Afrika- en 27 ander lande het die kongres bygewoon wat deur die regering van Rwanda, die Wêreld-bewaringsorganisasie en die African Wildlife Foundation aangebied is. Die tema was “Vir Mense en Natuur”. Johnson Ndokosho, die direkteur van bosbou in die omgewingsministerie, deel van die besluite wat tydens die konferensie geneem is…