Mariposa-brand in Kalifornië steeds nie onder beheer nie

Kalifornië se brandweerdepartement sê hulle kon nie daarin slaag om die veldbrand naby die Yosemite en Sierra nasionale parke onder beheer te bring nie. Die brand wat Vrydag begin het, het reeds 6 314 hektaar en tien strukture verwoes, en meer as 6 000 mense moes ontruim word. Saterdag is ‘n noodtoestand in die Mariposa-distrik afgekondig. Amptenare waarsku dat droogte, klimaatsverandering en oorgroeide veld aansienlike uitdagings bied en kanse vergroot dat die brande vinnig kan versprei.