Boris ontvang vraelys van polisie oor partytjies

Die Britse adjunk-minister van verdediging, James Heappey sê die eerste minister Boris Johnson se aandag gaan nie afgetrek word van sy fokus op die spanning tussen die Oekraïne en Rusland deur ‘n polisie-vraelys oor partytjies tydens die Covid-19-inperking by sy kantoor in Downingstraat nie. Daar word berig die polisie is besig om 50 mense te nader wat glo die partytjies bygewoon het om hulle betrokkenheid te verduidelik. Johnson se woordvoerder het bevestig hy het ‘n vraelys ontvang en gaan dienooreenkomstig reageer.