Man wat 5 doodbrand Woensdag gevonnis

Die Hooggeregshof in die Oos-Kaap gaan na verwagting Woensdag vir Masixole Ndzube vonnis. Hy is skuldig bevind daaraan dat hy vyf mense laat doodbrand het. Ndzuebe het verlede jaar vyf mense in ‘n huis toegesluit, insluitend sy vriendin, Kulukazi Mpitipiti en ‘n sesmaande-oue baba, voor hy dit aan die brand gesteek het. Onder die slagoffers was die kerkleier Samkelo Mdingane wat glo na aan Mpitipiti was. Ndzube sal na verwagting ook ‘n erkenning onderteken van sy twee vorige skuldigbevindings.