Faf en kie slaan groot slag in Indië

Terwyl Shreyas Iyer van Indië die grootste prys in die eerste ronde van die Indiese Premierliga se veiling in Bangalore behaal het, is Kagiso Rabada en Faf du Plessis nie ver agter nie. Die Kolkata Knight Riders het 24,5 miljoen Namibiese dollar vir Iyer betaal. Punjab het Kagiso Rabada vir 18,5 miljoen dollar bekom en die voormalige kaptein van die Proteas, Faf du Plessis, is deur die Royal Challengers Bangalore vir net meer as 14 miljoen dollar gewerf. Een van die toernooi se nuwe spanne, Lucknow Super Giants, het die dienste van Quinton de Kock bekom wat sowat 13 miljoen dollar gaan verdien. Die 15de reeks van die IPL begin volgende maand.