Boris is verbaas oor Franse woede oor Aukus

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê die meeste mense is ietwat verbaas oor hoe sterk Frankryk op die Aukus-ooreenkoms gereageer het. Die ooreenkoms is tussen die VSA, Australië en Brittanje, en vorm ‘n driesydige veiligheidsverdrag om kernaangedrewe duikbote te ontwikkel en ontplooi. Frankryk het in reaksie sy ambassadeurs in die VSA en Australië onttrek. Die Franse regering het die ooreenkoms as ‘n mes in die rug beskryf. Johnson sê die ooreenkoms is in wese ‘n groot stap vorentoe om die wêreld te beveilig: