Inklusiewe groei onder die loep in Kaapstad

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het die Inklusiewe Ekonomiese Groeistrategie goedgekeur. Dié strategie is deur ‘n lid van die burgemeesterskomitee, James Vos, voorgelê en het ten doel om geleenthede meer toeganklik en inklusief te maak. Vos sê die plan het verskeie stappe, en is daarop gemik om lastige administratiewe rompslomp wat kleinsakeondernemings pootjie, uit te sny. Dit het ook ten doel om die ineenstorting van die spoornetwerk, duur data-tariewe en die gebrek aan vaardigheidsontwikkeling en opleidingsgeleenthede oor die stad aan te pak: