Booys vra weer vir borg vandag, dalk

Die appèl van die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, teen die weiering van borg in dorp se landdroshof op 13 April, sal vandag voortgaan voor hoërhofregter Naomi Shivute. Booys was nie teenwoordig by die vorige verskyning op 6 September nie en het ook nie regsverteenwoordiging nie. Regter Shivute het gesê die uitstel tot vandag toe sal hom kans gee om ‘n prokureur aan te stel en nuwe datums vir die verhoor te bepaal. Booys is sedert 2 Februarie in aanhouding op klagte van bloedskande en verkragting wat die staat sê in Januarie vanjaar plaasgevind het. Die staat het reeds sy hoofargumente ingedien maar Booys se saak staan op die oomblik stil. Hy word vir sy eie veiligheid by Seeis aangehou.