As jy apartheidsmisdade wil vervolg, vervolg ANC-lede ook

As die ANC-regering die vervolging van apartheidsmisdade voortsit, behoort die vervolging van ANC-lede wat nie amnestie by die Waarheids- en Versoeningskommisie gekry het nie, ook nie agterweë gelaat te word nie. So sê die hoof van AfriForum, Kallie Kriel. Die burgerregte-organisasie in die buurland het reageer op die Nasionale Vervolgingsgesag se onlangse aankondiging dat hy ‘n eenheid stig om apartheidsmisdade te vervolg. Kriel verwelkom die planne, maar sê die gesag moet seker maak dat hulle nie eensydig vervolg nie: