Andrew se regspan sê stukke is nie reg beteken nie

Die regspan van prins Andrew van Brittanje, glo die dokumente van die regsverteenwoordigers van ‘n vrou wat hom van seksuele misbruik aankla, is nie suksesvol beteken nie. Virginia Giuffre het in New York ‘n saak teen die prins gemaak. Haar regsverteenwoordigers sê die dokumente is by ‘n polisiebeampte by sy huis in Windsor gelaat. Sy is ‘n prominente slagoffer van die sekshandel-groep van wyle Jeffrey Epstein, ‘n veroordeelde seksoortreder. Volgens Giuffre was die prins ook betrokke. Hy ontken haar aantygings.