BoN stel kuberveiligheidsraad bekend

Kuberbedrog is wêreldwyd ‘n groot uitdaging en reuse-finansiële verliese word gely. Die adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, Leonie Dunn, het vandag amptelik die finansiële industrie se kuberveiligheidsraad bekend gestel. Die Kuberveiligheidsraad sal dien as ‘n platform waardeur beide die bank- en nie-banksektor besprekings kan fasiliteer en bedryfsbenaderings vir deelnemers kan formuleer om kuberbedrog te bekamp. Dunn sê kuberkrakers het toenemend tydens die Covid-pandemie toegeslaan.