Chris Hani se moordenaar kry uiteindelik parool

Die Konstitusionele Hof het beslis die minister van justisie, Ronald Lamola, se besluit om parool aan Chris Hani se moordenaar te weier, moet hersien en tersyde gestel word. Hoofregter Raymond Zondo het bevind die besluit is in werklikheid irrasioneel. Janusz Walus dien lewenslange tronkstraf uit vir die moord op die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in 1993 by sy huis in Boksburg, Gauteng. Zondo sê die minister was nie in staat om sy besluit om Walus in die tronk te hou bevredigend te verduidelik nie.