Khomasdal-buurtwag kry steun om misdaad te bekamp 

Old Mutual Namibia het 20 000 Namibiese dollar aan Khomasdal se Uitbreiding Drie-buurtwag geskenk, waartydens die Namibiese polisie lede van die publiek aangemoedig om aansoek te doen om as polisiereserviste aangestel te word om misdaad te help bekamp. Nampol se Khomas-streeksbevelvoerder, kommissaris David Indongo, sê die Namibiese samelewing word oorweldig deur allerlei misdade en die polisie kan nie te alle tye oral wees nie weens ‘n tekort aan mannekrag en ander hulpbronne. Hy sê dit is dus noodsaaklik om buurtwagte te stig om misdaad hok te slaan. Adjudant-offisier Silas Shipandeni nooi Namibiërs uit om aan te sluit.