Bolhuis kom kuier en gesels oor misdaad: voorkoming, wenke en meer

Mike Bolhuis sal op 17 November in Namibië aankom om besprekings te voer oor misdaad. Bolhuis is ‘n spesialisondersoeker en spesialiseer in ernstige gewelddadige en ekonomiese misdade in Suid-Afrika. Hy is donderdag in Windhoek en Vrydag in Walvisbaai. Bolhuis sê hy hoop om gemeenskappe te bemagtig teen misdaad.