Buitelandse studente moet wette nakom

Die ministerie van binnelandse sake het ‘n sterk waarskuwing aan buitelandse student gerig om nie met ander dinge in die land bedrywig te raak as hulle net ‘n studiepermit het nie. Die ministerie sê stappe sal teen die studente geneem word. Luidens ‘n verklaring, kan aansoeke vir die permitte vanaf Vrydag, 12 November tot 28 Februarie volgende jaar gedoen word. Aansoeke vir kursusse van minder as ‘n jaar kan enige tyd gedoen word.