Bokke verstaan die kritiek teen hulle, sê Rassie

Suid-Afrika se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, sê die Springbokke verstaan, stem saam en kla nie oor die verdiende negatiwiteit wat hulle tans ontvang nie. Die Bokke het in die Kampioenskap twee keer teen die Wallabies verloor voordat hulle ook net-net teen die All Blacks vasgeval het. Erasmus sê hulle sal nie van wegskram van die negatiwiteit nie, want wanneer die span wel wen, kla hulle nie oor die lof en positiewe kommentaar nie. Die Bokke speel die naweek weer teen Nieu-Seeland in die laaste Kampioenskapstoets.