Tafeldruif-bedryf maak gereed om te oes

Die Namibiese tafeldruiwebedryf is winsgewend vir die Namibiese ekonomie. Namibië het verlede jaar tafeldruiwe na vyf Europese lande uitgevoer wat ‘n inkomste van 684,2 miljoen Namibiese dollar ingebring het. Met die oesseisoen in November, is die Namibia Grape Company by Aussenkehr in die Karas-streek, een van die uitvoerders, slaggereed vir voorbereidings. Die besturende direkteur, Gideon Nuunyango, sê die oes lyk belowend, maar dalk nie ‘n rekord-oes soos in die vorige seisoen nie.