Maak so om brande in steddelike gebiede te voorkom

Veldbrande is oral in die land ‘n uitdaging en ook so in dorpe en stedelike gebiede. Stad Windhoek het buurtwagte genader om te verseker dat inwoners sekere maatreëls toepas wat insluit dat erwe tussen drie tot ses meter van die grens skoon gehou moet word. Tuinvullis moet ook nie gestrooi word nie en ook nie op sypaadjies gelos word nie. Die Stad vra ook dat grasdakke in goeie toestand gehou moet word met sproeiers wat in ‘n werkende toestand is en dat ‘n tuinslang altyd gekoppel is aan ‘n kraan in tuine, sou ‘n brand ontstaan.