Boewe lê hulle hande op die boerpot? Of is dit ‘n stoompot?

Dit wil voorkom asof boewe met die spreekwoordelike boerpot weggekom het. ‘n Klag van diefstal is by die Wanaheda-polisiestasie gemaak na ‘n pot, met ‘n beraamde waarde van 80 000 Namibiese dollar, by die Soweto-KFC gesteel is. Volgens die klag is die bielie van ‘n pot uit die stoorkamer gesteel. Sanet Prinsloo, ‘n bekende Namibiese sjef, wil weet as daar so pot in Namibië is, hoekom het sy nie een nie?