TransNamib sê oor Otavi-ongeluk, swaelsuur is gestort

TransNamib het meer besonderhede bekend gemaak oor die treinongeluk naby Otavi. Volgens die maatskappy se woordvoerder, Abigail Raubenheimer het die ongeluk omstreek half-tien Donderdagaand plaasgevind met 13 tenkwaens, wat swaelsuur vervoer het, wat omgeslaan het. Raubenheimer sê daar is besoedeling maar, opruimingswerk, sowel as ‘n ondersoek, is reeds aan die gang.