Slotbetoë vandag in Bannon-saak

Federale aanklaers in Washington sal vandag hul slotbetoë aan jurielede in die saak teen Steve Bannon, Donald Trump se voormalige presidensiële adviseur, lewer. Hy is aangekla van minagting van die Kongres omdat hy ‘n dagvaarding deur die komitee wat verlede jaar se aanval op die Amerikaanse hoofstad ondersoek, uitgedaag het. Die verdediging het sy saak Donderdag afgesluit. Bannon, 68 jaar oud, het onskuldig gepleit.