Boere wil weg beweeg van brandstof-voertuie

Daar is heelwat belangstelling van boere in om weg te beweeg van brandstof-aangedrewe plaasvoertuie om die koolstof-voetspoor in die bedryf te verminder. Dit is die mening van die Wes-Kaapse hoofbestuurder van Berda Fruit Landboukundige Konsultante, Pierneef Smit. Hy sê op die oomblik gebruik Suid-Afrikaanse boere meestal petrol- of diesel-aangedrewe vierwielmotorfietse en gewone motorfietse, maar om dit die heeltyd vol te maak, is koolstof-intensief. Smit sê elektriese driewiel-motorfietse is voordelig: