Gevalle van verkragting neem nie af nie, al berig die media nie daaroor nie

Gevalle van verkragting het die afgelope tyd in veral die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag afgeneem, maar dit is ook alom bekend dat minder as ‘n derde van die gevalle by owerhede aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Veronica Theron, tegniese adviseur in die kantoor van die Presidentsvrou, gepraat oor die jongste in die verband. Sy sê gevalle het nie afgeneem nie.