Veearts praat oor ‘Tipe Zero’ bek- en klouseer

Meer inligting is bekend oor die jongste bek- en klouseer uitbreking in Zambezi-streek. Die siekte is ‘n verskillende variant en is bekend as Tipe Zero. Die direkteur van die landbouministerie se veeartsenydienste, dr. Albertina Shilongo, sê die siekte is baie meer aansteeklik en het ‘n ander uitwerking op die betrokke diere. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.