Boere moet tegnologies aanpas

Die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer, Agbiz, sê Suid-Afrikaanse boere het vinnig by nuwe tegnologie aangepas. Dit plaas die land se boerdery-sektor bo baie ander Afrikalande wat omset per hektaar betref. Volgens die landbousakekamer is die stadige aanpassing by landboutegnologie deels verantwoordelik dat talle Afrikalande se landbousektor met lae opbrengste en armoede in landelike gebiede sukkel. Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê ten spyte van moontlike meningsverskille oor verskeie tegnologieë, is die uiteindelike doelwit om die land se landbouproduktiwiteit vol te hou en te bevorder.