Tikproduksie: Taliban kyk anderkant

Internasionale media berig dat dwelmproduksie in Afghanistan die hoogte ingeskiet het. Die land was nog altyd bekend vir heroïen maar, tikproduksie word al hoe meer gewild. Die Taliban het geen beleid oor die produksie nie en belas produsente. Maar onlangs het hy die aanplant en oes van ‘n inheemse plant, bekend as ‘oman’ verbied. Oman word in die vervaardiging van tik gebruik. Met die verbod het die prys van tik omtrent verdubbel en produsente sê hulle het pakhuise vol van die plant wat nog gebruik kan word. Boere sê hulle produseer aartappels teen vyf keer die prys waarteen hulle dit kan verkoop. Daar word daagliks 3 ton tik vervaardig by meer as 500 informele fabrieke in die suidweste van die land. Intussen word opium steeds van die papawer vervaardig wat 80 persent van die wêreld se heroïenproduksie verteenwoordig.