Noah dagvaar chirurg vir mislukte operasie

Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse komediant en TV-aanbieder van The Daily Show, Trevor Noah, dagvaar ‘n ortopediese chirurg en hospitaal in New York oor ‘n beweerde mislukte operasie. Noah sê onder meer hy het permanente beserings opgedoen en nie die regte medikasie ontvang nie.