Boer vas vir veediefstal, vrou vas vir heroïen

‘n Bekende boer van die Hochveld omgewing, Albert Tjihero, is onlangs saam met vyf ander in hegtenis geneem op klagte van veediefstal. Volgens die Okahandja-polisie is die groep gevang met vier bees wat deur Ockert Steyn besit word, op pad na ‘n veiling toe. Steyn huur grond by Tjihero. Die waarde van die diere word op 52 000 Namibiese dollar beraam. Die ses het reeds verskyn en die polisie se ondersoek duur voort. Intussen is ‘n 29-jarige Namibiese vrou oor die naweek by Hosea Kutako Internasionale Lughawe in hegtenis geneem in besit van 3,1 kilogram heroïen, ter waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar. Sy was op pad na Addis Abeba en dan na Indië. Die vrou sal na verwagting môre in die hof verskyn.