Boer kry N$40 000 na leeu-aanval

Die Namibiese ministerie van die omgewing sal kompensasie van 40 000 Namibiese dollar aan ‘n boer in Kunene-streek, Immanuel Gurirab uitbetaal na ‘n leeu-aanval. Hy het 76 kleinvee, 66 bokke en 10 skaap, verloor. Volgens ‘n verklaring deur die ministerie, is die betaling in lyn met sy nasionale mens-dier-konflik skema waar vee-eienaar ook verantwoordelik is vir die veiligheid van hulle diere. Gurirab het ook bystand van skadunette vanaf die Namibian Lion Trust asook sonaangedrewe leeuligte wat deur Desert Lions Human Relations Aid, oftewel Delhra geskenk is. Die Namibian Lion Trust sal ook ‘n bydrae lewer om die boer vir sy veeverliese te vergoed. Hul leeuwagters patrolleer ook die gebied en waarsku boere as die leeus naby hulle is.