Dank Cele af – TLU SA

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê hy het president Cyril Ramaphosa, weer gevra om die minister van Polisie, Bheki Cele af te dank. Die liggaam se president, Henry Geldenhuys, sê meer as een miljoen rondes ammunisie is onder die mislukte bestuur van die minister uit ‘n vraghouerperseel naby die Durbanse hawe gesteel, tydens verlede week se oproer. Geldenhuys sê Cele ontken steeds dat die ammunisie onder die polisie se toesig was. Hy voeg by die polisie se hantering van die onrus is totaal onaanvaarbaar. Bennie van Zyl, TLU SA se Hoofbestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.