Wit boere in Zim moet nog ‘n jaar wag vir kompensasie

Die Zimbabwiese minister van finansies Mthuli Ncube sê die eerste fase van kompensasie aan wit kommersiële boere wat hulle grond tydens die land se omstrede grondhervormingsplan verloor het, is met ‘n jaar uitgestel. Die regering het verlede jaar ooreengekom om helfte van die 3,5 miljard Amerikaanse dollar betalings teen die einde van die maand af te handel. Ncube sê daar is vertragings in die aanstel van ‘n finansiële adviseurs in die verband en die impak van Covid het ook befondsing onder druk geplaas. Die adviseurs sou volgens hom gehelp het om die nodige geld in te samel. Betaling sal eers teen einde Julie volgende jaar gedoen word.