‘Blood Lions’ nou op YouTube

Die bekroonde dokumentêre rolprent “Blood Lions” is op YouTube vrygestel om ‘n groter gehoor te bereik en meer bewustheid te skep van die geblikte leeubedryf. Dit sluit die handeldryf in leeubene in. Die regisseur en vervaardiger van die program uit 2015, Pippa Hankinson, sê die vrystelling bevat ook ‘n beroep vir optrede om die teel van leeus in aanhouding te beëindig. “Blood Lions” volg die omgewingsjoernalis Ian Michler en die Amerikaanse jagter Rick Swazey wat die werklikhede oopvlek van die multi-miljoen Suid-Afrikaanse rand roofdierteel- en geblikte leeujagbedryf in Suid-Afrika.