Gambië oorweeg regstappie oor Indiese hoesstroop

Gambië het ‘n Amerikaanse regsfirma gehuur om regstappe te ondersoek nadat ‘n regering-gesteunde ondersoek bevind het dat besmette medisyne uit Indië hoogs waarskynlik die dood van kinders verlede jaar veroorsaak het. Minstens 70 kinders in Gambië, die meeste onder vyf jaar oud, het tussen Junie en Oktober aan akute nierbesering gesterf na hulle hoesstroop wat uit Indië ingevoer is, gegee is. Die Gambiese minister van justisie, Dawda Jallow, sê regstappe is een opsie wat deur die regering oorweeg word.