Saphra sal Kubaanse Heberon vernietig

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het aangekondig hy gaan beslag lê op byna een miljoen flessies van die middel Heberon ter waarde van 260 miljoen rand en dit vernietig. Die Suid-Afrikaanse Weermag het die middel onwettig uit Kuba ingevoer. Sahpra het die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens tot einde verlede maand kans gegee om die besending terug te stuur na Kuba. Sahpra se woordvoerder, Boitumelo Semete, sê hy het tot Dinsdag kans om te bewys die flessies is teruggegee. Die ouditeur-generaal sê die behoorlike prosesse is nie gevolg nie.